Ons is weer op die plaas tot moreoggend en dan gaan ons weer
huistoe. Debbie het die week verjaar en nou hou sy ‘n damestee, so skoonsus en
skoonma mag dit nie mis nie.
Die afgelope ruk het baie goed gebeur. Die bure se stories
het aangehou totdat Hettie uiteindelik ‘n interdik moes kry sodat buurvrou ons
nie verder kan ontstel nie. Sy het die museum weergawe van die erf voordat dit
onderverdeel is, en alhoewel al haar prokureurs gesê het ons kan ‘n heining
opsit soos op die landmeter generaal se kaart, het sy maar net weer begin by
ander prokureurs wat haar kaart sien en dan sê sy het ‘n saak teen ons, maar
dan vir haar meedeel dat ons reg is nadat hulle die regte inligting gekry het.
So het sy tot die polisie gekry om by te wees wanneer hulle die heining wou
afbreek en toe ek die polisie daarop wys dat sy ‘n hofbevel nodig het hy hom
uit die voete gemaak en het Hettie toe volgens die nuwe wet op “harrassment van
2011” ‘n tydelike interdik gekry en moet hulle bewys teen 29 Julie hoekom dit
nie permanent moet wees nie.
My probleem is dat sy weet ek is siek, maar sy hou aan met
Hettie sukkel en dan moet Hettie vir my kom sê wat ek moet doen. Ongelukkig is
een van die grootste probleme met Carcinoid dat jy jou kort termyn geheue
verloor, en “Carcinoid rage” of woede aanvalle kry, en dat elkeen van die
gevalle ‘n jaar en ‘n half van my lewe kos. Daar is op ons yahoo groep een vrou
wat sê dat die kinders haar nie meer toelaat om videos te gaan huur nie,
aangesien sy op een dag 3 keer dieselfde video uitgeneem het, en dan met almal
baklei wat dit vir haar uitwys.. So dit is maar moeilik, en ek het nog altyd ‘n
baie kort lont gehad, so nou kan julle indink hoe ek dit moet hanteer dat
terwyl hulle die eenkant vir jou sê hulle is bereid om vrede te maak, jy twee
dae later aangesê word om die hek oop te sluit sodat hulle die heining kan
afbreek. So ek geniet die tyd weg van die huis net om weer tot verhaal te kom.
Woensdag was ons deur Universitas hospitaal toe vir die
Scintigraphy ondersoek, en waar hulle vir my vooraf sê dat dit net 14 minute
sal duur jy na ‘n uur en ‘n driekwart eers uitkom, voel jy nie goed nie. Ek het
nou nog nie die finale uitslag nie, maar dit lyk darem nie of daar metastases
na die skelet is nie, maar dat dit “severe
Rheumatoid arthritis” is. Dit is hoekom ek eers moet opwarm in die oggend
of enige tyd wanneer ek vir ‘n ruk gesit of gelê het. Hulle moes my tweekeer
help om net weer te sit nadat ek op die nou plankie moes lê terwyl hulle
masjiene hier 2 cm van jou neus af beweeg het. Dan was ek baie verbaas toe ek
hoor dat ek iewers in my lewe my een sleutelbeen gebreek het, en dat hulle
verbaas is dat ek enigsins gebruik van my arm het. Dit het glo baie verkeerd
aangegroei. Ek weet nie wanneer dit was nie, seker maar terwyl ek nog baie jonk
was. Nou wag ons vir volgende maand se CT Scan en kamera in die longe afdruk,
en dan sal ons weet wat aangaan.
In die tussentyd gaan ek maar aan. Dit is maar die pakkie
wat ek gekry het, en ek weet die HERE sal nie vir my iets gee as Hy weet ek dit
nie kan dra nie.
Hettie het ‘n erge griep episode gehad en het ek haar regtig
jammer gekry. Met die winter in volle gang, is dit maar moeilik om enigsins die
griep vry te spring, maar ons het my maar opgepas en toe is sy die een wat toe
griep kry.
Vanaand pas ons kinders op terwyl Su-Hannie en Bani na Steve
Hofmeyr gaan luister. Su-Hannie is sekretaresse van die ATKV op die dorp en
hulle het hom genooi, so sy moet hom nou pamperlang. Gelukkig weet ek wat sy
nagereg is aangesien ons al gisteraand malvapoeding gehad het. Ek dink hy sal
volgende keer dalk verniet kom net om weer van haar poeding te kry, want sy mag
maar nagereg maak. Enige iets van malvapoeding tot regte sago soos my ma dit
gemaak het. Ons sou ook haar, my ma se verjaarsdag die week gevier het, maar sy
is nou al 3 jaar en 7 maande terug huistoe op 95.
Dit is seker genoeg vir vandag. Koos Dup het so ‘n mooi lied
geskryf wat ek graag ‘n skakel na wil insit vandag. Ek het die voorreg gehad om
saam met sy oudste broer (Duppie) in Toti op die kerkraad te wees. Hy was die ouboet
wat vir hulle viool op ‘n saag gespeel het, en het net so ‘n nederige persoonlikheid
gehad. Lekker luister.
Koos
du Plessis - Gebed Jannie Du Toit & Lucas Maree opname
Danie
Botha opname Die lirieke is as volg:
Gebed - Koos du Plessis.
Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.
Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.
Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen. *
Laat my nooit die grond verlaat nie.
Laat my in U skadu bly.
Gee dat elke aardse vreugde en vrees,
eindelik nietig word vir my.
Elke afdraai paadjie ken ek.
Elke keer het ek verdwaal.
Elke keer het u my iewers kom haal.
Maak dit Heer, die laaste maal.
Elke dag is n gedagte.
Elke kamer net gehuur.
Elke aardse droom van rykdom en roem,
net n skadu teen die muur.
Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
Eintlik smag ek na U waters van rus.
Lei my Heer vanaand daarheen. *
En dan kan jy ook luister na wat ek elke dag ervaar in my
wandel met die HERE.
Don Moen –
God Will Make A Way Lyrics
God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
By a roadway in the wilderness, He'll lead me
And rivers in the desert will I see
Heaven and Earth will fade but His Word will still remain
And He will do something new today
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
By a roadway in the wilderness, He'll lead me
And rivers in the desert will I see
Heaven and Earth will fade but His Word will still remain
And He will do something new today
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
By a roadway in the wilderness, He'll lead me
And rivers in the desert will I see
Heaven and Earth will fade but His Word will still remain
And He will do something new today
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
By a roadway in the wilderness, He'll lead me
And rivers in the desert will I see
Heaven and Earth will fade but His Word will still remain
And He will do something new today
Oh, God will make a way
Where there seems to be no way
He works in ways we cannot see
He will make a way for me
He will be my guide
Hold me closely to His side
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way
With love and strength for each new day
He will make a way, He will make a way