Woensdag 23 April 2014

Winter vandag Woensdag 23 April 2014

En daar het ons weer winter vandag. Die koue het so skelmpies tussen 9:00 en 10:00 hier aangekom. Vroegoggend het ek gedink die voorspelling mag dalk verkeerd wees, maar toe kom die koue wind hier aan. Die tyd van die jaar is die weer mos maar wisselvallig. Al wat ek weet is dat ons vandag se weer in Junie/Julie gekry het, dit dalk teen die tyd wit buite gewees het. Dit is sulke regte kapok wolke vandag, maar dit is nog ‘n bietjie warm, nie dat 9 grade juis warm is nie.

Self gaan dit maar baie wisselvallig, soos die weer. Verlede week het ek regtig gesukkel met diarieĆ«. Daar was so ‘n hele paar dae wat ek nie aan die maag kon raak nie, en was hy so opgeblaas dat my hemde gespan het oor my maag. Nou is dit darem beter, maar dit beteken maar net dat die hemde nie meer so span nie en dat ek nie so baie seer het nie. Die een geluk van die seer maag is dat ek nie baie rondbeweeg nie, en dit maak dat ek nie moeg word nie. En wanneer dit so seer is, pla die hittegolwe nie so baie nie.

Hier by ons is daar sedert verlede week weer 2 persone oorlede, een tannie van die ouetehuis, en ‘n boer van hier tussen ons en Burgersdorp. So weet nie een van ons wat more gaan gebeur nie.

Ek kan nou amper nie meer wag vir die 5de nie want dan kom Esthee kuier en sal ons almal saam by Su-Hannie op die plaas wees.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking