Vandag was ons al redelik besig. Ons het nou
eers ons eie gordyne in ons kamer opgehang, en is besig met die sitkamer se
kant gordyne en dan is dit die badkamer en kombuis se beurt. Ek doen baie met
Barney en Hettie se hande. So voor dit en gedurende dit is ons gou twee keer
dorp toe en terug. Gelukkig is dit net so 300 meter heen en weer. En dan is
daar nog die storie by FNB stadium. Ek wonder hoeveel mense het geluister na
wat Mbeki se broer kwyt geraak het op die lug. Hy het gesê dat hulle nie glo
daar is ‘n hemel of hel nie. Mandela het hom nou by die voorvaders gevoeg en
nou moet hulle hierdie groot fees vier om seker te maak dat hy tevrede is met
hulle anders gaan hulle nie goed leef vorentoe nie. ‘n Baie hoë persentasie van
die swart Christene glo ook maar in hul voorvaders. Ek weet dit is so want
selfs terwyl ek ‘n jaar lank skoolgehou het op Sterkspruit het die ouers van
een van my leerlinge haar uit die Christelike skool gehaal omdat een van die
onderwysers die meisie gevra het om haar toordokter halsbandjie aftehaal. Baie
van die leerlinge was omgekrap omdat die Bybel glo teen hul tradisie diskrimineer.
Gelukkig weet ons as Christene ook dat die groot afvalligheid moet kom, voor
die einde kom.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking