Ek moet erken dat ek vandag nie baie lekker voel
nie. Ek het gister nogal gewoel en werskaf om ‘n bietjie gras te saai by die
agterdeur om van die los grond weg te kan kom. Dit het my toe ook laat sleg
voel aangesien ek die hele aand erge gloede gehad het. Nou vanoggend sommer in
die bed terwyl ek en vroulief lê en tee drink, het die gloede hulle verskyning
gemaak. Na ontbyt het ek die ou “bloubossie” wat hier by ons groei met Roundup
gespuit. Die goed is en groei soos onkruid met diep lote onder die grond. Hoop
maar dit gaan werk. Daarna het ek maar weer ‘n bietjie vertikaal verkeer om te
kyk of ek van die gloede (flushing), kan wegkom, en weer bloed kan kry in my
kop. Die gloede veroorsaak dat die ou bloeddruk so ‘n bietjie nie weet wat
aangaan nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking