Vanoggend is ons na Eben en Nita se huis toe
vir Kerk. En daar is dit toe net ons vier. So kon ons saam praat oor alles wat
die HERE al vir ons almal gedoen het, en kon ek ook so ‘n bietjie deel oor hoe
ons as Christene behoort te lewe, asook hoe en wat is uitverkiesing en hoe dit
werk.
Ek moet sĂȘ ek voel vandag nogal goed. Die
gloede en bloeddruk is baie beter vandag, so dit help ook. Die pyn is nog daar,
maar die pille help darem om dit amper aanvaarbaar te maak.
Dit was gister nogal lekker om al die boeties en
sussies se stemme op een slag te hoor. Ek hoop hulle het die troue geniet, en
ek hoop Gert en Hantie sal baie gelukkig saam wees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking