Vandag nogal baie gedoen. Winkel toe gegaan,
Hettie gehelp om die mat in die gang uit te haal. Daar was so ‘n ou mat in die
gang en toe ons dit oplig was dit baie jare se stof wat daaronder gelê het. Die
mat was vasgekap met spykers, so al die stof wat deur gestrap het, het op die
vloer gelê. Dit was omtrent ‘n klomp stof. En nou het ek my nog vererg vir Tony
wat die bure se tuinjong is, die ou wat net ‘n paar bossies afsteek en dan geld
wil kry om te gaan suip. Net toe ek wil begin skryf vir vandag toe sien ek hom
hier in ons gedeelte van die tuin ook besig om die bloubossie af te steek. Dit
moes hy nou nie doen nie aangesien ek net Vrydag ure spandeer het om al die
bossies met Roundup te spuit om hulle dood te kry. Die goed groei met ranke
onder die grond so as jy nou een op die grond afsteek, dan steek sy maatjie
more kopuit. En dan wil hy nog met my terug praat. En ek het hom verlede week
ook weggejaag oor dieselfde storie. Ek glo nie hy sal sommer weer iets hier
probeer doen nie. Ons moet maar ons gedeelte van die tuin toe kry sodat hy my
nie verder kan bemoei nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking