Maandag 16 Desember 2013
Vrydag 13 Desember 2013
Nou
maak ek eers weer vandag tyd om ‘n bietjie te skryf. Die afgelope paar dae was
maar woes. Die limf kliere maak dat ek hardlywig is en dat die derm verstop.
Dit is baie ongemaklik en het ek nou eers op die internet gesien dit is wat
hulle maar maak. Nou weet ek ook hoekom die chirurg my gevra het of ek nog ope
lyf het. Dan is daar die ou vriende, “flushing” en bloeddruk wat my nie alleen
wil los nie. Dit is nou wat die medici carciniod krisis noem as al die goeters
saam gebeur. En dit gaan nou al vir die afgelope 9+ dae aanhoudend aanmekaar.
Een ding wat ek nou geleer het die afgelope paar maande is dat ek seker 2 keer
meer weet as die meeste mense wat die siekte het. Vir my help dit om te weet
wat my aangaan, aangesien ek dan weet wanneer iets gebeur hoekom dit gebeur en
wat jy kan doen om beter te voel.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking