Ek het die afgelope paar dae nie by die dagboek
uitgekom nie. Die grootste rede is maar dat daar redelik baie is om te doen, en
ek nie altyd lekker voel sodat ek alles gedoen kan kry nie. Donderdag was ek
maar bietjie siekerig met diarieë. Dit het nogal my kragte getap. Gister was
die maag darem beter, maar het nogsteeds baie gekramp. En dan is daar die ou
bloeddruk wat so op en af is. En natuurlik saam met die bloeddruk is dit ook
die hardkloppings. En saam met die hardkloppings is dit die gloede. Gister is Hettie maar alleen winkel toe aangesien ek maar
meeste van die dag net gesit het. Verder het ek voor die kamera gaan sit en
begin aan opnames wat ek maak vir volgende jaar se Bybelskool wat ek gaan
aanbied. Ek het klaar twee studente wat wil kom, maar die opnames wil ek graag
op on webtuiste sit sodat ander persone ook daarin kan deel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking