Maandag 16 Desember 2013
Saterdag 7 Desember 2013
Vandag
is nie veel anders as gister nie. Die gloede is maar daar en verdwyn so ‘n
bietjie as ek staan of loop, maar is erg sodra ek op ‘n gemaklike stoel gaan
sit. Soos ek nou hier by die kombuistafel sit is dit ook redelik, maar kry ek
nou weer pyn in die regter nier en voel my buik of ek ‘n hele skaap by myself
opgeëet het. En dan is daar die liewe ou bloeddruk. Sodra ek opstaan van ‘n
sittende posisie dan gaan al die bloed na my voete toe en moet ek maar vashou
om nie om te val nie, en dan ‘n paar sekondes later is dit weer so hoog dat ek
my hartklop in die ore voel. Ek glo nie ek gaan baie vanmiddag doen nie, dalk
net die toilet klap regmaak en tuin natgooi. Ek hoop regtig die ou gloede wil
my net ‘n breuk gee.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking